Afrikaans
John Murray is in Robertson gebore, die vyfde van tien kinders van ds John Murray en vrou Susie Kriel. Ná haar man se dood het die bekende tant Susie vir baie jare in Stellenbosch gewoon waar haar kinders universiteit toe is. John besit dus die Boaland se see en berge as onlosmaaklike deel van sy samestelling, al die latere jare in Natal ten spyt! Ná twee jaar se skoolhou in die Noord-Wes Kaap het hy in 1930 in Natal begin skoolhou en in die onderwys en kultuurbedryweiigheid het hy sy lewensroeping gevind. Sy spore lê oor die hele Natal, van die dae toe hy as skraal jongeling met ’n ronde brilletjie ’n bietjie siddered voor sy eerste klas gestaan het, tot die dae toe hy ’n gerespekteerde skooloof was en daarna toe daar in sy aftreejare telkens ’n beroep op sy ervaring en gereedheid om uit te help gedoen is. Onder andere het hy in hierdie laaste periode as eerste waarnemende hoof die Gelofteskool in Pinetown tot stand help bring wat selfs die skryf en komponeer van die skoollied ingesluit het.
In 1940 is hy met Rolien van Niekerk getroud en hulle het vier kinders (en ’n bevredigende aantal kleinkinders) gehad. Hierdie mooi vennootskap is in 1977 met haar dood beëindig.
’n Paar jaar jaar later is hy met Cisca Marais getroud en hy het die voorreg gesmaak van ’n tweede gelukkige huwelik. Ouer-word laat op hom min uiterliike spore, en in sy lewe volg bedrwyigheid en belanstellings dit inderdaar iets toevalligs.
Sy verbintenis met die Murray Nuusbrief as redakteur is een uitvloeisel van ’n kenmerkende eienskap. Johan Murray is ’n liefhebber, kenner, bekwame gebruiker (en som ondeunde speler met) woorde.dit is nie verbasend dat hy nog ’n naam, ’n erenaam het nie. Vir die onderde oud-leerlinge vir wie hy ’n liefde en entoesiasme vir hulle taal bygebring het, is hy Meneer Murray.
(Uit: Murray Nuusbrief April 1985)
English
John Murray was born in Robertson as the fifth of ten children of Rev John Murray and his wife Susie Kriel. After her husband’s death the well-known Aunt Susie stayed in Stellenbosch where her children went to university. John, therefore, inherited the sea and mountains of the Boland as part of his being despite all the years in Natal afterwards! After two years of schooling in north-western Cape, he moved to Natal in 1930 where he made a living in education and cultural activity. He left his mark throughout Natal, at first as thin youngster with round spectacles in front of his first class to the respectable headmaster of later years. In his retirement years he often was called upon to apply his years of knowledge where vacancies existed. Amongst others he was called to assist as first acting headmaster to start the Gelofteskool in Pinetown where he even wrote and composed the school-song.
He married Rolien van Niekerk in 1940 and they had four children (and a respectable amount of grand-children). Their beautiful partnership ended in 1977 with her death.
A few years later he was married to Cisca Marais with whom he had the privilege of a second happy marriage. Aging left little mark on him and his latter years were filled with many activities and interests.
His connection with the Murray Newsletter as editor can be attributed to his being a lover, authority and keen (albeit sometimes naughty) user of words. It therefore was only natural that for hundreds of ex-pupils he fondly remained Mister Murray.
(From: Murray News Letter April 1985)