Nadat ons geskryf het oor die familie in Malawi, wou ons graag hierdie keer iets sê oor die familie in Rhodesië, en Ettie Brand (MFR b7c4d5) was so vriendelik om vir ons die volgende te laat kry:

Andrew Louw (MFR b7c4) het op 9 September 1891 as pionier-sendeling op Morgenster, Mashonaland, aangekom. Drie jaar later het hy vir Cinie Malan (suster van dr DF Malan) as sy bruid gaan haal op Riebeeck-Wes. Hy het op 75-jarige ouderdom afgetree as hoof van die sending, en op Morgenster bly woon totdat hy in sy 95ste jaar oorlede is. Sy eggenote het hom reeds twintig jaar tevore ontval en lê ook op Morgenster begrawe.

Van oom Andrew se nageslag wat die Kerk en Sending in Rhodesië gedien het, is die volgende:
Sy seun, dr André Louw (MFR b7c4d1) het 25 jaar saam met sy vader in diens van die Sending gestaan, en was die eerste dosent aan die Evangelisteskool op Morgenster. Hy en sy eggenote woon tans in Pretoria.

Die oudste dogter Annie ((MFR b7c4d2) het skoolgehou vir sendelingkinders, en is toe getrou dr Tommie Steyn wat sy lewe gewy het aan mediese diens op Morgenster.. van hulle het sewe kinders het die oudste, Piet (MFR ) sy vader vir ’n jaar of twee bygestaan in die hospitaal op Morgenster. Hy praktiseer reeds jare lank op George. Twee ander seuns, Theo (MFR  ) en Marthinus (MFR ) is albei onderwysers aan die Opleidingskollege op Morgenster. Lettie (MFR  ) is getroud met Giel Bester wat ook reeds ongeveer 17 jaar onderwys gegee het indie Sending en ook Sekretaris van Onderwys geword het. Die jongste dogter, Annalene (MFR ) is getroud met dr Vosloo wat vroeër sendingdokter op Morgenster was en nou op George praktiseer.

Andrew Louw se tweede dogter, Mima ((MFRb7c4d4), is getroud met dr Malcolm Retief, vroeër sendeling in Zambië en tans woonagtig in Pretoria. Hul seun Petrus (MFR ), sjirurg, het ook twee jaar lank in die hospitaal op Morgenster en Gutu gewerk.

Andrew Louw se derde dogter, Ettie (MFR b7c4d5) is getroud met een van Mashonaland sending-onderwysers, Coen Brand. Hulle het al afgetree en woon op Fort Victoria. Hul oudste seun, Johan (MFR  ), gee onderwys aan die Sekondêre Skool vir Basuto op Witsieshoek, OVS. Hul tweede seun, André (MFR  ), is sendeling en woon op QueQue in Rhodesië. Die derde seun, Coenie (MFR  ), is lektor aandie Universiteit van Salisbury, Rhodesië. Die oudste dogter, Estelle (MFR  ), is getroud met Jurie Wessels, ook ’n sendeling in Mashonaland. Ná tien of twaalf jaar het hy egter onlangs ’n beroep aangeneem na Herbertsdale.

Andrew se jongste dogter, Bettie (MFR  b7c4d6) is drie jaar ná haar suster se dood getroud met haar swaer, dr Tommie Steyn, en sy het hom getrou bygestaan in sy groot werk op Morgenster. Sy oorleef hom, het vier kinders, en woon op Fort Victoria.

Behalwe afstammelinge van Andrew Louw was ook die volgende familielede in Rhodesië werksaam:
Nadat Andrew afgetree het, het sy neef, Henry Murray (MFR  b8c8) hom opgevolg as hoof van die sending. Henry lê ook op Morgenster begrawe. Sy seun, George Murray (MFR b8c8d2) was die volgende sendinghoof. Sy kleinseun Henry Murray (MFR b8c8d2e1) het hom opgevolg op Morgenster en was hoof van die Teologiese Skool. Hy is ook op Morgenster begrawe en is op sy beurt opgevolg deur sý skoonseun Andries Louw (MFR).

Henry se ouer broer, George (MFR b8c4) het hom ook gevolg na Mashonaland, en was meer as 30 jaar van sy bediening op Gutu sendingstasie.

Henry en George se suster, Elise (MFR  b8c12) het met haar man, Johan Reyneke (MFR b7c1d2) sewe jaar op Morgenster gewerk.

Dan het Kitty Murray (MFR  ), dogter van Louis Murray (MFR b8c5d2), ook jare lank onderwys gegee op Morgenster en Gutu. Sy het daarna op Hermanus gewoon, maar trek later in by haar tante, Cecile Murray, op Somerset-Wes.

Helen Ross (geb Stegman, MFR b8c6d1) verpleeg reeds baie jare in die hospitaal op Morgenster. Haar enigste seun, Andrew Ross (MFR  ) werk ook nou op Morgenster nadat hy vir twee jaar hoof van ’n sekondêre skool op een van die buitestasies was.

Alec en Tina Daneel (MFR b7c3d2) woon tans in die Strand, maar het feitlik ’n leeftyd op Morgenster deurgebring waar Alec tesourier was. Twee van hulle dogters het ook vroeër in die Sending gewerk. Charlotte (MFR  ) is to e getroud met ’n boer, Joubert, van Chipinga, en Cinie-Marie met ’n boer, Semmelink, van van Settlers in Noord-Transvaal. Die oudste dogter, Nyasa (MFR b8c6d2e1) is reeds jare lank saam met haar man, Bertie Groenewald, werksaam in Malawi. Hulle enigste seun, Inus (MFR  ) woon op Fort Victoria en is hoof van ’n Bybelskool.

Louis Barry (MFR b8c3d2) het jare gelede as jong onderwyser na Mashonaland gekom en is tans hoof van die Sekondêre Skool op Chibi waar hy en sy eggenote, Maria, hul plek volgestaan het.

Die jongste spruit van die Murray-familie wat nou al amper drie jaar huishoudkunde gee in die Sekonêre Skool op Gutu, is die lewendige, mooi Margot Robertson (MFR b8c1d10e2). Sy is ’n susterskind van Louis Barry en kleindogter van tant Maggie Barrie (MFR  ) van Calitzdorp.

Verder is ds Abraham Faure Louw (MFR b7c6d2) Direkteur van Bothashof-Kerkskool en Kinderhuis, Salisbury, en medeleraar van Salisbury-Suid gemeente. Hy is getroud met Tillie Kloppers en hul seun Faure (MFR b7c6d2e1), is sendeling op Tshilidzini in Noord-Transvaal. Miemie is getroud met Meiring du Plessis van die Departement van Landbou Tegniese Dienste, Pretoria. Johanna is getroud met Ulrich Mennen, geneesheer, wat tans in Vancouver studeer. Tilda gee onderwys in Boksburg en Sophie Anna verpleeg in Pretoria.

Ds Marthinus Daneel (MFR b7c3d7) is sendeling in Salisbury. Hy werk onder die Malawiërs wat in Rhodesië op myne en plase werk en dus eintlik ’n leraar van die Church of Central Africa Presbyterian. Marthinus is getroud met Ella Hugo en hulle het drie kinders van wie een, Marthinus (MFR b7c3d7e2), tot onlangs ook in die Malawi-kerk leraar was. Hy is getroud met Helene Koornhof. Lulu (MFR  ) is getroud met ds Chris Erasmus wat sendeling is op De Doorns. Charlotte Winnifred (MFR  ) is getroud met Pierre Roelofse wat onderwys gee in Hendrina.

Hettie en Hannes Londt (MFR b7c6d4e6) was tot verlede jaar in die gemeente Bindura, Rhodesië, maar hy is tans leraar van die NG Sendingkerk Misgund.